Site menuStatisticsTotal online: 1 Guests: 1 Users: 0 |
MUSIEK NUUS + SANGERS INFOAFRIKAANSE MUSIEK SE GROOTSTE FAN?DALK IS DIT FANIE MATTHEE,`N MAN WAT AL URE LANK EN KILOMETERS VER VOETGESLAAN HET OM SY GROOTSTE HELD,NICHOLIS LOUW,TE HOOR SING. HY SKRIK NIE VIR MOEITE VIR MUSIEK NIE... OPSTAANTYD SKOP HY DIE DAG AF MET KURT SE KAPTEIN SPAN DIE SEILE. SLAAPTYD SLUIT HY HOM AF MET ENERGIE VAN NICHOLIS LOUW. VIR FANIE MATTHEE IS N DAG SONDER SY GUNSTELLING SANGERS NIE RERIG N DAG NIE. SONDER MUSIEK IN SY ORE,SE FANIE,VOEL DIT VIR HOM ASOF SY HART NIE KLOP NIE. MUSIEK IS IN MY BLOED SE DIE LAT MET DIE PUNT IN DIE WIND HARE. EK STAAN OP MET MUSIEK,EK SLAAP DAARMEE,EK LOOP ROND DAARMEE IN MY,DIS MY ALLES. SY SELFOONLUITOON IS ENERGIE,BEL JY HOM,HOOR JY KURT SE AF AF SPEEL TERWYL DIE FOON ANDERKANT LUI.WANNEER FANIE NIE OOR MUSIEK PRAAT NIE,IS HY N SKAMERIGE OUTJIE MAAR VRA NET IETS MUSIEKVERWANTS EN DIE SEUN WORD VOOR JOU OE N BOL ENERGIE. JIS EK HOU VAN MUSIEK,EK WEET NIE HOEKOM NIE,EK HOU EENVOUDIG DAARVAN.EK HET AL AMPER ALMAL GESIEN SING.EK SAL ENIGIETS DOEN OM NA N SHOW TE GAAN,MAAK NIE SAAK WIE DIT IS WAT SING NIE.NIKS HOU MY WEG VAN N NICHOLIS LOUW SHOW NIE. DAARDIE OU IS MY ULTIMATE HERO.FANIE BEDOEL DIT,EINDE VERLEDEJAAR HET HY 60KM VER VAN KOPPIES PARYS TO GESTAP OM SY HELD OP DIE VERHOOG TE SIEN,SY MA ALANA NEL,HET GESE HY MAG NIE GAAN NIE,TOE GLIP HY MAAR SKELM BY DIE HUIS UIT. HY HET 4UUR DIE OGGEND OPGESTAAN EN HET NET 20MIN VOOR DIE VERTONING 8UUR DIE AAND SOU BEGIN,UITASEM DAAR AANGEKOM,GELUKKIG HET HY DIE VOLGENDE DAG N GELEENTHEID TERUG GEKRY HUIS TOE.EN HY IS OOK NIE TEVREDE MET NET KYK EN LUISTER NIE.FANIE DOEN ALTYD SY BES OM `N FOTO TE KRY VAN HOM SAAM MET DIE KUNSTENAAR WAT OPTREE,SO SPOG HY MET NIE MINDER AS 2400 FOTO`S VAN HOM SAAM MET SANGERS EN GLANSPERSOONLIKHEDE WAT WISSEL VAN ROMANZ TOT FREDI NEST. VAN SOMMIGE KUNSTENAARS HOU HY NATUURLIK MEER AS ANDER AL SAL DIT HOM NIE KEER OM SAAM MET ENIGEEN TE GLIMLAG VIR N KIEKIE NIE.OP SY GUITAR DIE EEN WAT HY VERLEDEJAAR AANGESKAF HET EN WAT HY NOU PROBEER BAASRAAK,PRYK NICHOLIS SE HANDTEKENING.WIE DAN ANDERS? DIE GROOT LIEFDE HET IN 2006 BEGIN TOE HY N NICHOLIS LOUW DVD GESIEN HET,EN DIE EERSTE LIEDJIE WAT IN SY HART INGEKLIM HET,WAS NICHOLIS SE ROCK DAAI LYFIE.INTUSSEN WERK HY NIE,WANT HY WIL NET VIR NICHOLIS WERK,EN DIS SY HEEL GROOTSTE DROOM OM EENDAG N VERHOOG MET NICHOLIS TE DEEL FANIE SE KAMER IS BEPLAK MET PLAKKATE VAN MUSIEKANTE EN FOTO`S MET HANDTEKENINGE DAAROP WAAR HY TROTS GLIMLAG.DAAR IS PIET PLAGIAAT,GEORGE MEIRING,IZAK DAVEL,CASPER DE VRIES,ANDRIETTE,FREDI NEST,BOBBY VAN JAARSVELD,SNOTKOP,KURT DARREN,ROMANZ,RAY DYLAN,JAKKIE LOUW,MEL BOTES... HY VERSAMEL DIT AL JARE EN ELKEEN WORD MET TROTS UITGESTAL.DIE ENIGSTE DING IN SY KAMER WAT VAN DIE MUSIEK TEMA AFWYK,IS DIE BEDLINNE VAN DIE ROFSTOEIER JOHN CENA EN N KOMBERS VAN DIE SPIERTIER WAT TEEN SY MUUR HANG.`N MAN MOET DAREM INSPERASIE HE OM FIKS TE BLY AS JY EENDAG JOU LYF OP DIE VERHOOG WIL SWAAI.DAAROM DOEN HY GEREELD `N PAAR OPSITTE EN OPSTOTE IN SY KAMER TERWYL HY NATUURLIK NA NICHOLIS SE MUSIEK LUISTER.AS HY SY STEM WIL OEFEN,POP HY SY MIKROFOON IN DIE TWEE LUIDSPREKERS IN WAT AMPER N HELE MUUR IN SY KAMER TOESTAAN.KORT VOOR LANK TREK FANIE WEG MET BABY TJOKLITS VAN GERHARD STEYN.EK IS MAAR SKAAM MAAK HY VERSKONING.MAAR EENDAG GAAN EK BETER KLINK.FANIE WENS NOU NET NICHOLIS OF N ANDER SANGER WIL HOM N BIETJIE RAAD GEE.MAAR VERKIESLIK NICHOLIS.EK WIL BAIE,BAIE,BAIE GRAAG SAAM MET NICHOLIS TOER! HY WEET NIE WAT DIT IS VAN NICHOLIS WAT VAN HOM SO N `GOEIE SANGER MAAK NIE,HY WEET NET NICHOLIS HET DIT,DAAROM DAT HY BESLUIT HET OM NICHOLIS SE NAAM IS BLINKERS TEEN DIE BROEKSPYP VAN SY MATRIEKAFSKEIDSBROEK TE LAAT WERK. OP DIE ANDER BROEKSPYP STAAN LOUW IN BLOU BLINK LETTERS.EN OP SY WIT HEMP IS FOTO AFDRUKKE VAN HOM SAAM MET SANGERS.DIS MY KOSBAARSTE BESITTINGS.DIT EN MY GUITAR.DAVID FOURIE HET MY VERLEDE JAAR OP AARDKLOP VERHOOG TOE GEROEP OM `N LIEDJIE SAAM MET HOM TE SING.TOE SE HY VIR ALMAL: WATCH DIE MANNETJIE,HY GAAN NOG GROOT WORD. EN EK GAAN. WAT DIE TOEKOMS AL INHOU.MUSIEK SAL ALTYD DEUR SY ARE POLS. |
SearchCalendar
|