MEER OOR JAKKIE!
Jakkie Louw is 'n dubbel SAMA genomineerde kunstenaar deesdae en spog met verskeie toekennings en nominasies.
Sy musiek video van "Een Miljoen woorde" is in 2011 genomineer vir Huisgenoot Tempo musiekvideo van die jaar. Saammet "Voshaarnooi" wys dit dat Jakkie 'n ernstige kant ook het.
Hy het die land al plat getoer en seker by elke fees en dorp in Suid Afrika al 'n paar lekker liedjies gaan sing. Met sy treffer 3 Pikkewyne sal hy aan die einde van elke vertoning jonk en oud op hulle voete kry. Dis 'n belewenis.
Kom ons vertel jou van waar die man kom. Jakkie het begin sing op ouderdom 16 en was op skool in DF Malan Hoerskool in Bellville. Hy is van jonks af 'n liedjieskrywer en is van die begin af verantwoordelik vir sy eie treffers. Hy is die jongste van sewe kinders en sy Pa, Nico Louw, was al die jare 'n predikant en skrywer.
Jakkie is al die jare een van daai sangers wat eenvoudig sy kitaar kan optel en 'n partytjie kan begin. So maklik soos dit.
Hy het gaan studeer aan die Universiteit van Stellenbosch in die graad B.Comm bestuursrekeningkunde in 1999.
In 2001 het hy verhuis na Pretoria waar hy bekendheid verwerf deurdat hy die studente pubs in Afrikaans vermaak het met liedjies soos "Rambo die polisiehond" en "Ek en jy en 'n bottel tas". Donderdag aande by Maloneys en Sondag aande by McGintys in Hatfield Sqaure.
In 2006 het hy die Rapport Vonk Toekenning gekry vir beste nuweling met sy CD "Drie Pikkewyne". Die "Drie Pikkewyne live DVD" word ook benoem vir Beste DVD van die jaar by die Rapport Vonk toekennings.
Sy vertonings en toere het eweskielik nasionaal begin raak en Jakkie kon sy musiek reg oor Suid Afrika gaan sing.
In 2008 kom sy CD "Marretjie se Hoender" uit. Hierdie CD het bekende liedjies opgehad soos "Die Hoender song", "Marretjie se liedjie" en Voshaarnooi (saammet Kevin Leo).
Die CD word benoem vir Die Beste Afrikaanse POP album van die jaar by die Suid Afrikaanse Music Awards (Sama).
In 2010 speel Jakkie in twee rolprente.
-Liefling (Waar hy homself speel en Voshaarnooi sing).
-Susanna Van Biljon (waar hy homself speel en "Bamboesbos" sing saammet sy band)
Sy nuwe CD se naam is "Gemaak in SA". Die CD het al gespog met top tien verkope in SA, op die DKNT(Die Kyknet top tien) program. Liedjies soos Een miljoen woorde sal jou hartsnare roer terwyl liedjies soos Marulaboom jou sal laat skater lag. Hierdie CD is ook in 2011 benoem vir die beste Afrikaanse kontemporere album van die jaar.
Sy lewendige vertoning is goed en vol energie. Hy speel dus graag met sy orkes.
Die vertoning is ook bedoel vir die hele familie.
Dis verseker dat Jakkie Louw is Gemaak in SA. Bespreek hom nou!
WEBSITE:JAKKIE LOUW